Vegkop 004

Gedenktuin

Die Vegkop Gedenktuin is 'n nuwe goedbeplande ontwikkeling op die historiese Vegkop terrein.  Hierdie privaat begraafplaas is deel van die diens wat gelewer word aan die gemeenskap.

Persone van buite Heilbron mag ook hul geliefdes hier begrawe. Vegkop beskik oor die dienste van 'n inwonende terreinbestuurder wat omsien na Vegkop en wat dit vir persone moonlik maak om hul geliefdes se grafte in veiligheid te besoek.

Vir meer inligting, ook die moontlikheid van die plasing van as waar verassing plaasgevind het, kontak ons gerus.

VK 030 451 x 300

Museum

Die museum op die terrein is 'n waardevolle historiese fasiliteit en beslis 'n besoek werd.

KMW 26 451 x 300

Venue

Saal op die Vegkop Slagveld Terrein kan 500 mense akkommodeer en word verhuur vir troues en funksies. Konferensie geriewe is ook beskikbaar.
Daar is 'n goedtoegeruste kombuis sowel as 'n braailapa op die terrein beskikbaar.
Verblyf op die terrein kan ook bespreek word.
'n Lys van tariewe en 'n besprekingsvorm is beskikbaar.

Verblyf

Die terrein beskik oor 78 kampeerplekke en 34 daarvan het kragpunte. Daar is 'n netjiese ablusieblok met storte beskikbaar. Die ablusie het 'n rolstoelkamer en familiekamer.

'n Woonstel vir 2 persone met 'n badkamer kan ook gehuur word.

'n Pryslys met tariewe en 'n besprekingsvorm kan afgelaai word.