Gedenktuin
Die Vegkop Gedenktuin is 'n nuwe goedbeplande ontwikkeling op die historiese Vegkop terrein. Hierdie privaat begraafplaas is deel van die diens wat gelewer word aan die gemeenskap.
Museum
Die museum op die terrein is 'n waardevolle historiese fasiliteit en beslis 'n besoek werd.
Venue
Saal op die Vegkop Slagveld Terrein kan 500 mense akkommodeer en word verhuur vir troues en funksies. Konferensie geriewe is ook beskikbaar.
Verblyf
Die terrein beskik oor 78 kampeerplekke en 34 daarvan het kragpunte. Daar is 'n netjiese ablusieblok met storte beskikbaar. Die ablusie het 'n rolstoelkamer en familiekamer.
Vegkop Slagveld Terrein
Besoek gerus ons "Fasiliteite" blad vir meer inligting oor wat hierdie
geskiedkundige terrein die besoeker alles kan bied.
Slag van Vegkop Oktober 1836
Die slag van Vegkop was die eerste botsing met swartes noord van die
Oranjerivier. Trekkers trek laer aan die suidelike voet van Vegkop (destyds
Doornkop). Die trekleier was Andries Hendrik Potgieter. Die geestelike leier was Charl Cilliers.
Die Matabeles het van die huidige Zeerust naby Botswana gekom. Die Trekkers ry die Matabeles ongeveer een uur te perd vanaf Vegkop tegemoet. Hulle probeeer onderhandel, maar dit misluk. Hulle jaag terug na die laer en maak gereed vir die geveg. Versterk die openinge tussen die waens met doringtakke.
35 Weerbare Trekkers teen ongeveer 5 000 Matabeles onder aanvoering van Kalipi het aan die geveg deelgeneem. Die geveg het ongeveer 3 tot 4 uur geduur. Die destydse president van die Zuid Afrikaanse Republiek Paul Kruger (toe 10 jaar oud) het aan die geveg deelgeneem. Twee Trekkers sterf en 14 is gewond. Die oorledenes was Nicolaas Potgieter en Piet Botha, broer en swaer van A.H. Potgieter. Hulle is beide aan die voet van Vegkop begrawe
430 Matabeles is gedood en 1,137 assegaaie is binne die laer opgetel. Die Matabeles voer 6 000 beeste en 4 000 skape en bokke weg. Die perde was binne die laer. Marokka, die Barollong kaptein, stuur trekosse om die gestrande Trekkers na Thaba Nchu, naby Lesotho, te neem.
Die eerste monument is bo-op Vegkop opgerig op 2 Oktober 1883. In Desember 1912 word dit
verskuif na die huidige terrein. Die CJDV (Christen Jongeliede Debats Vereniging) saal is gebou in 1905. Dit dien tans as museum. Daar is drie afdelings nl. Voortrekker-, Boereoorlog- en Heilbron geskiedenis. Vegkop is in 1984 deur die vorige regering gerestoureer. ‘n Beeld van ‘n Trekker op ‘n klipstapel, is gedoen deur die beeldhouer Coert Steynberg. Dit was sy laaste beeld. In die ringmuur rondom die beeld is 6 friese aangebring deur sy dogter Isa Wichers.
Bo-op Vegkop is Goya hutte van onbekende swart stamme uit die laat ystertydperk (vroeë 1800’s).