Grasren 2010 Datum: 20/2/2010.

Grasren Pamflet
Grasren 2010 Pamflet!

Die 2010 grasren word weer vanjaar gehou op Saterdag 20 Februarie by Enkeldoorndam, 24 km vanaf Heilbron op die Vegkop (Lindley) pad. Die GPS koordinate is S27 27.570 E27 54.722. Tyd 7.30vm met laaste vertrektyd 11:00vm. Prysuitdeling 15:00. Drink en eetgoed word op die terrein en langs die roete verkoop.

Toegang: R15 per voertuig.

Grasren inskrywings: (Groen roete vir voertuie met lae grondvryhoogte) Motorfietse en quad bikes R100. Motorvoeruig tot 4 persone R120, daarna R25 per persoon ekstra. 4x4 Roete(Rooi roete vir vernuftige 4x4 bestuurders) R200 per voertuig. Kinders onder 8 gratis.

  • Fine-Ice-Wine-Time van VAN LOVEREN. Besondere "Slush Puppy" wyn.
  • Senwes Grassnyer wedren!! Bring jou eie of huur een.
  • Putjiespel (Gholf) Wen 'n skaap.
  • Braaipakke beskikbaar met heerlike bosveldhout vure.
  • Baie, baie pryse.
  • Gaskunstenaar.

Meer inligting oor die 2010 Grasren!

Natuurlewe in die Vegkop omgewing

Toe die eerste Europeers die Vegkop omgewing bewoon het, ongeveer in die middel van die negentiende eeu, was die omgewing bekend vir die ryke verskydenheid wild.

Meeste van die vername wildsoorte in Suidelike Afrika, soos buffels, zebras, kudus, rooibokke, waterbokke, blesbokke, wildebeeste, springbokke asook leeus en vele ander spesies het die uitgebreide grasvelde van die Noord-Vrystaat bewoon. Dit is geen wonder nie, dat die gebied die jagveld van boere, "trekkers", avonturiers en jagters vanoor die hele Suid Afrika geword het. Hulle het gekom om te oes, of eerder om te buit onder die wild wat die streek kon bied, vir velle en vleis. Die naam "Riemland" vir die Noord-Oostelike Vrystaat het ontstaan in hierdie tyd to boere en andere na die streek gekom het om bokvelle te kry om rieme of riempies van te maak vir landbou asook huishoudelike gebruik. Baie verhale van heldedade en vernuf op die jagveld het sy oorsprong in hierdie tydperk. Dit is bekend dat 'n jong Paul Kruger (die latere president van die Transvaalse Republiek) sy eerste leeu in die Vegkop omgewing geskied het toe hy tien jaar oud was.

Vanweë die jagtery asook die permanente bewoning van die grond deur boere, het die Vegkop omgewing die meeste van sy vername wildsoorte verloor gedurende die laaste deel van die negentiende eeu. Van die groter wildsoorte het slegs blesbokke, swartwildebeeste, en tot 'n mate springbokke oorleef op plase in die omgewing. Kleiner wildsoorte wat ook oorgebly het is ribbokke, steenbokke, gewone duikers, ystervarke, krimvarkies, erdvarke, jakkalse, rooikatte, aardwolf, strandjutte, otters, likkewane, hase, springhase, dassies, meerkatte, rooimeerkatte asook die ouvolk akkedis.

Oor die afgelope dekade of meer, het die wild in die Vegkop omgewing op groot skaal toegeneem. Die Goya bewaringsgebied was gestig terwyl wildboerdery ook ingestel is as 'n deel van boerdery en eko-toerisme in die omgewing. Die meeste van die vernaamste wildsoorte kan nou op die wildsplase beskou word. Die getalle van die kleiner wild soorte wat hierbo genoem is het ook toegeneem.

Die Vegkop gebied is ook ryk in voëllewe. Volgens "Roberts' Birds in Southern Africa" word sowat 200 voëlsoorte gevind in die Noordelike-Vrystaat, terwyl 'n verdere 20 voëlsoorte broeiende trekvoëls in die gebied is. Van die bekendste voëlsoorte wat endemies aan die streek is: Die nasionale voëlsoort van Suid-Afrika, die bloukraanvoël, tarentaal, bloureier, hammerkop, hadeda ibis, lepelaar, kolgans, wilde makou, sekretarisvoël, korhaan, dikkop, kalaharipatrys, bosveldfisant, kroonkiewiet en die blouvalkie.

Inderdaad, voëlkykers en wildliefhebbers sal genoeg vind om te geniet en om hulle vir lank besig te hou in die Vegkop gebied.