Grasren 2010 Datum: 20/2/2010.

Grasren Pamflet
Grasren 2010 Pamflet!

Die 2010 grasren word weer vanjaar gehou op Saterdag 20 Februarie by Enkeldoorndam, 24 km vanaf Heilbron op die Vegkop (Lindley) pad. Die GPS koordinate is S27 27.570 E27 54.722. Tyd 7.30vm met laaste vertrektyd 11:00vm. Prysuitdeling 15:00. Drink en eetgoed word op die terrein en langs die roete verkoop.

Toegang: R15 per voertuig.

Grasren inskrywings: (Groen roete vir voertuie met lae grondvryhoogte) Motorfietse en quad bikes R100. Motorvoeruig tot 4 persone R120, daarna R25 per persoon ekstra. 4x4 Roete(Rooi roete vir vernuftige 4x4 bestuurders) R200 per voertuig. Kinders onder 8 gratis.

  • Fine-Ice-Wine-Time van VAN LOVEREN. Besondere "Slush Puppy" wyn.
  • Senwes Grassnyer wedren!! Bring jou eie of huur een.
  • Putjiespel (Gholf) Wen 'n skaap.
  • Braaipakke beskikbaar met heerlike bosveldhout vure.
  • Baie, baie pryse.
  • Gaskunstenaar.

Meer inligting oor die 2010 Grasren!

Vegkop Grasren - Die oorsprong

Waar het alles begin met die "Grasren"?

In die jaar 2002 het op 'n boerevereniging vergadering 'n voorstel gekom om so 'n pretrit aan te bied waar ook deelnemers se kennis getoets kan word, ons bied aan hulle die pragtige natuurskoon van die Vegkop-gebied met baie pret op die roete. Vir 'n paar jaar het ons ook die manne wat wou jaag met motorfietse laat jaag op 'n aparte roete.

Maar ons wou meer vir ons borge bied en het besluit net op die grasren vanaf 2008.

Daar was ook met die 2008 grasren 24 borge-punte waar deelnemers by aangedoen het. Hier het baie dinge gebeur tot advertensie van die borg, maar hul het in ruil op sekere punte baie pret verskaf aan deelnemers.

Paul Els en "Knyp die toutjie vas!"

By Univision het Paul Els, ons hoofborg, het die deelnemers ge-skater van die lag. Paul het 'n "knyp-die-toutjie-vas-en-laat-sak-die-prop-in-die-bottel" kompetisie gehou. Julle moes party se "manouvres" gesien het!

Op Goedehoop, by die Van Loveren wynkelder soos in die verlede die "bokdrol-spoeg" kompetisie gehou, hier het elkeen gespoeg dat dit spat! Daar was 'n kis wyn vir die man en vrou wat kan spoeg op die spel. Aan toekomstige deelnemers kan oefensessies nou reeds vooraf gereel word.

Die 4x4 kompetisie op die rooi roete op Moratuwa het goeie deelnemers gehad en is die wenners met groot pryse die dag daar weg. Die "rooi-roete" het saam met die gewone roete geloop waar daar net 'n paar duidelike hindernisse voorberei is, veilig genoeg vir deelnemer en voertuig, maar nie sonder die regte vernuf nie.

By die Enkeldoorndam-terrein by die begin en eindpunt het dit gekook van bedrywighede. Deelnemers moes by die laaste paar borge wat op die terrein uitgestal het aandoen om hul vraestelle te voltooi voor inhandiging. Hierna het die "eksaminatore" die nasienwerk gedoen om te bepaal wie die wenner dan is.

Terwyl ons gaste, deelnemers lekker sosaties en ander kosse geniet het, het die bestuur reggemaak vir die groot prysuitdeling. Elke borg-punt het hul wenners aangewys, Johann het die grasren wenners aangewys. Die prysuitdeling het aan baie deelnemers vreugde gebring met groot pryse.

Kry dus solank die datum op jou nuwe kalender - 20 Februarie 2010!

Wat bied ons alles:

  • Deelname vir die hele gesin met motorfiets, quads, motors en veldvoertuie (4x4's)
  • 'n Busrit - alles ingesluit!
  • 'n Gaskunstenaar tot oud en jonk se vermaak.
  • Kosstalletjies
  • Kontantkroeg
  • Springkastele vir die kinders
  • Terrein-uitstallings (kampeertoerusting, motors, motorfietse, klere)
  • Kampering op terein beskikbaar.
  • Akkomodasie op gasteplase bekikbaar in nabye omgewing.
  • Fotograaf vir jou aksie-fotos op die roete.

Doen navraag by die organiseerders.

Moet dit nie mis nie, vertel al jou famielie en vriende van die VEGKOP-GRASREN!