Grasren 2010 Datum: 20/2/2010.

Grasren Pamflet
Grasren 2010 Pamflet!

Die 2010 grasren word weer vanjaar gehou op Saterdag 20 Februarie by Enkeldoorndam, 24 km vanaf Heilbron op die Vegkop (Lindley) pad. Die GPS koordinate is S27 27.570 E27 54.722. Tyd 7.30vm met laaste vertrektyd 11:00vm. Prysuitdeling 15:00. Drink en eetgoed word op die terrein en langs die roete verkoop.

Toegang: R15 per voertuig.

Grasren inskrywings: (Groen roete vir voertuie met lae grondvryhoogte) Motorfietse en quad bikes R100. Motorvoeruig tot 4 persone R120, daarna R25 per persoon ekstra. 4x4 Roete(Rooi roete vir vernuftige 4x4 bestuurders) R200 per voertuig. Kinders onder 8 gratis.

  • Fine-Ice-Wine-Time van VAN LOVEREN. Besondere "Slush Puppy" wyn.
  • Senwes Grassnyer wedren!! Bring jou eie of huur een.
  • Putjiespel (Gholf) Wen 'n skaap.
  • Braaipakke beskikbaar met heerlike bosveldhout vure.
  • Baie, baie pryse.
  • Gaskunstenaar.

Meer inligting oor die 2010 Grasren!

Die Vegkop Boerevereniging

Boerevereniging

Vegkop Boerevereniging is 'n organisasie wat bestaan uit boere van die omgewing rondom die geskiedkundige Vegkop, in die Heilbron distrik van die Vrystaat. Gemengde boerdery word hier beoefen, met veral klem op bees en wildboerdery. Saaiery speel ook in dele van die gebied 'n belangrike rol.

Deelnemers aan die 2005 Vegkop boeredag

Grasren

Die jaarlikse Grasren is die bekendste en grootste openbare aksie van die Boerevereniging en lok talle besoekers wat met baie groot lof van hierdie dag praat. Stedelinge is uiters verbaas dat daar nie meer prominensie verleen word aan hierdie dag nie, en hulle kan nie uitgepraat raak oor die wonderlike geleentheid om in die natuur te ontspan met talle vermaak deurlopend beskikbaar gedurende die dag nie. Die Vegkop Boerevereniging is egter primer 'n boere organisasie wat via Vrystaat Landbou deel is van georganiseerde landbou, en hom beywer vir die welvaart van die landbou as geheel. Meer hiervan kan gelees word op die bladsy oor vergaderings.